Tegnologie-hupstoot vir tussengangers

Posted on January 9th, 2019 |

’n Nuwe digitale waarde-aanbod wys geleenthede uit vir tussengangers om tegnologie in hul praktyke te gebruik.

Digitale kliënteskakeling word ’n al hoe belangriker element in finansiële dienste – en Sanlam werk hard om tussengangers in dié opsig te ondersteun. Die mikpunt is optimale werwing, be­houd en dienslewering aan kliënte, en om tussengangers se besighede meer winsgewend te maak.

‘Deur kliëntgerigte tegnologie aan ons tussengangers te bied en hulle vir ’n vinnig ontwikkelende mark toe te rus, keer ons dat mededingers dié vermoë aan ons ­kliënte bied en hul besigheid na hulle toe omskakel,’ sê Shiraz Khatib, Digitale Spesialis: SPF Distribusie Besigheidsoplossings.

Om hierdie tegnologie in gebruik te neem is egter ’n reis, nie ’n vinnige proses nie.

Kies jou platforms

‘Sanlam glo dis belangrik dat hy tussen­gangers help om digitaal met kliënte te skakel, wat dienslewering sowel as bemarking betref. Dit beteken ons is op die regte pad met ons omnikanaal-benadering tot bemarking en verkope,’ sê Shiraz.

‘Prakties is die boodskap dat dit nie genoeg is om net op ’n enkele bemarkingsaspek, byvoorbeeld ’n webwerf, staat te maak nie. Tegnologie help Sanlam en ons tussengangers om talle digitale raakpunte aan kliënte te bied van waar hulle met ons in aanraking kan kom.

‘Sukses lê daarin om platforms te gebruik wat kliënte gebruik – en graag wil gebruik – om met ons te skakel. Ons kom dus op hul voorkeurplatforms met ons kliënte in aanraking, of dit nou ’n webwerf, sosiale media, WhatsApp of e-pos is.’

Wat het tussengangers nog nodig?

Sanlam se leiding en bystand om jou digitale vermoëns en platforms opgestel te kry, is net die eerste stap. Jy’t ook die volgende nodig:

’n Digitale strategie om kliënte via jou digi­tale platforms/kanale na jou besigheid te dryf

Die regte inhoud vir die bepaalde digitale kanaal, want hiersonder loop jy die risiko om kliënte te probeer bereik met boodskappe wat nie optimaal is nie en nie resultate gaan oplewer nie. Kreatiewe visuele boodskappe kan byvoorbeeld op sommige kanale doeltreffender as teks wees.

Uiteindelik, as jy vertroue by jou digitale gehoor inboesem, sal jy suksesvol wees en jou handelsmerk bou, sê Shiraz. ‘Met dié grondslag sal jy waarskynlik sien hoe kliënte jou besigheid en handelsmerk bevorder deur die inhoud op jou digitale platforms te deel, te “like” en aan te beveel.’

Hoe om maklik besigheid te doen

Om ’n tussenganger se verkoopsproses verder te bevorder maak hulpmiddels soos E-sign, Sanfin, SanPort en SanQuote die lewe makliker. Kliënte kan toegang tot die Secure Services-kliënteportaal kry om polisstate en inligting te bekom.

Hoe digitaal gereed is jy?

Sanlam se Digitale Gesondheidsevaluering help tussengangers begin en lei besprekings met hulle oor die digitale scenario in hul praktyke, veral wat bemarking en kliënte­diens betref.

Wat om nou te doen

Gesels gerus met jou konsultant of be­markingsondersteuningsbestuurder oor die ontwikkeling van ’n digitale padkaart vir jou praktyk oor die volgende paar ­maande. Vir tegniese navrae en opleiding, bel die Distribusie Ondersteuning-hulplyn by 086 010 0043 of e-pos salestechnology.support@sanlam.co.za.

Besoek SanPort > Info Centre > Sanlam Info > Digital Value Proposition vir ’n lys van riglyn-gidse en ander nuttige hulpbronne.