Lees impak#30 om fliekkaartjies te wen

Posted on January 9th, 2019 |

Lees impak en jy sal ’n kans hê om fliekkaartjies te wen wat deur Sanlam Reality geborg word.

Drie gelukkige lesers wen elke maand twee fliekkaartjies om by enige Nu Metro‑rolprentteater te gebruik. Dis vir drie jaar geldig.

Beantwoord die volgende vrae om in te skryf:

  1. Noem die borgskap wat Sanlam Besigheidsmark vir 2019 bestem het?
  2. Wie is Sanlam se topadviseur vir 2018?

Stuur jou antwoorde na impact@sanlam.co.za. Net een inskrywing per leser sal aanvaar word. Die kompetisie sluit op 23 Januarie 2019.

Die wenners van die vorige kompetisie is:

  • Ayandor Nkambule, Persoonlike Assistent – Mopani, Sanlam Makelaar Distribusie Bateleur, Middelburg
  • Madinia Maxwell, Behoudskonsultant: Sanlam Key Solutions, Bellville
  • Robyn Charles, Kliëntesorg-verteenwoordiger, Intermediêr, Bellville

Die vrae en antwoorde was:

  1. Hoeveel bots werk aan drie prosesse by die KSS? 11
  2. Wie was die negende wenner van die BlouSter van die Jaar-toekenning? (Naam van persoon en BlouSter-besigheid) Nicky White, Lighthouse BlouSter