Kies regte platform vir aanlyn verhandeling

Posted on January 9th, 2019 |

Aanlyn verhandeling in Suid-Afrika het aansienlike groeipotensiaal. Dis deels omdat dit voordeel trek uit ’n robuuste finansiële sektor, met instellings en tussengangers wat ’n hele spektrum van finansiële dienste bied.

Die vermoë om sekuriteite elektronies te verhandel demokratiseer die internasionale finansiële mark, want enigiemand met toegang tot ’n rekenaar of selfoon – en genoeg geld – kan deelneem.

Aanlyn verhandeling is egter inherent riskant. Enig­iemand wat dié elektroniese markte betree, behoort aanlyn advertensies oor verhandelaars se oornagsukses en spogmotors met ’n knippie sout te neem. Die reputasie van ’n gekose platformdiensverskaffer is die fundamentele faktor om in gedagte te hou.

Bron: itnewsafrica.com