Glacier wil sy posisie versterk

Posted on January 9th, 2019 |

Glacier het in 2018 sy mark-aandeel in Suid-Afrika se enkelpremie-beleggingsmark uitgebrei en het vars planne om vanjaar se uitdagings te oorkom, sê Werner Lotriet, Hoof: Distribusie en Verkope.

Glacier se fokus in 2019 

Kliënte-ervaring: Digitale skakeling met kliënte word al hoe belangriker. Ons moet ’n balans handhaaf tussen ons aanlyn en persoonlike skakeling met kliënte.

Kanaalontwikkeling:

  • Vergroot ons voetspoor deur met meer mense besigheid te doen
  • Verbeter dienslewering aan alle tussengangers
  • Brei ons korporatiewe betrokkenheid uit deur ’n holistiese spektrum van Sanlam se beleggings­produkte en dienste aan maatskappye in die middelmark te bied
  • Fokus steeds op internasionale besigheid, wat na verwagting sal aanhou groei. Buiten ver­skansing teen politieke en ekonomiese risiko, herposisioneer kliënte – en adviseurs – hul langtermyn-beleggingsportefeuljes strategies met groter gewigstoekenning aan buitelandse blootstelling. Glacier International fokus daarop om toonaangewende oplossings te bied en besigheidsintegrasie te verbeter om distribusie te ondersteun
  • Beveel finansiële produkte met belastingvoordele aan as ’n belangrike strategie vir beleggers in die diskresionêre mark, en handhaaf buitelandse belegging as ’n sleutelaanbod. Welvarende kliënte onttrek bates aan SA Inc se balansstaat – vanweë die noodsaaklikheid om te diversifiseer, die feit dat net ’n paar aandele SA se beleggings­ruimte oorheers en omdat blootstelling aan Suid-Afrikaanse krediet uit­dagings inhou
  • Stel ons beleggings-waardeaanbod aan kliënte in die middelmark bekend, eerder as om net op die welvarende massa­mark te fokus.

Produkontwikkeling:

  • Ontwikkel innoverende beleggingsopsies wat gewaarborgde en markgekoppelde oplossings balanseer weens die huidige lae mark­opbrengste
  • Versterk Glacier Invest (’n gesamentlike ­onderneming met Sanlam Beleggings) om die beleggings­fonds-waardeproposisie vir tussengangers, veral onafhanklike finansiële adviseurs, te verbeter
  • Integreer meer funksionaliteit in een stelsel deur byvoorbeeld alle verslagdoening oor beleggings­oplossings deur die Glacier-webwerf en Investment Hub te konsolideer. Kliënte en tussengangers moet deurlopend dieselfde aanlyn ervaring van alle produkte ervaar.

Hoofdoelwitte

Ons hoofdoelwitte is om ons tema ‘beste van beide wêrelde’ vir ’n breër tussenganger-voetspoor te posisioneer. Dit beteken om verskillende oplossings – van waarborge tot aandeleportefeuljes – te kombineer. Ons wil ook ons posisie as leier in die ná-aftrede-mark verstewig.

Drie groot uitdagings

Marktoestande – lae opbrengs, onstuimigheid en onsekerheid

Om kliënte te oortuig van die waarde van lang­termynbelegging en dat die mark op lang termyn wel kontantoplossings klop

Afgetrede kliënte wat oor hul inkomstevlakke bekommerd is weens lae opbrengste op hul beleggingsgekoppelde lewende uittree-annuïteite (ILLA’s).

Wat positief is

Ek voel positief oor die feit dat ons beter as ons mededingers vaar en selfs in moeilike tye mark­aandeel gewen het. Ek sien ook daarna uit om met Distribusie saam te werk om ons markaandeel uit te brei in die middelmark, benewens die wel­varende mark, en hoë diensvlakke te handhaaf namate ons digitale skakeling met tussen­gangers en kliënte verhoog.

Ons tussengangers

Ek wil graag ons vennote, die finansiële tussen­gangers, vir hul ondersteuning regdeur 2018 bedank. Dit was een van die moeilikste jare wat ons nóg beleef het – maar hulle was onwrikbaar in hul toewyding tot kliëntediens.

Ons vertrou almal is uitgerus ná die vakansie en gereed om 2019 met nuwe energie en fokus aan te pak.